Liewe Tannie Mariette,

Baie dankie dat ons van jou huisie kan gebruik maak vir ons naweek weg van die gedrom van die stad.  Jy het regtig n diamant gevind hier langs die Weskus.  Om saans te gaan slaap en dan die oggende wakker te word met die gedruis van die see in ons ore is absoluut hemels! Ons sal virseker weer n draai kan maak, tot ons ook ons huisie by die see kan hê. Tot dan sal Jubel n Juig ons huisie wees.

Weereens baie dankie vir alles!  Groete,